GRAAFF-REINET NUUS - Die hoërskolerugbyspanne van die Oostelike Provinsie, met vier spelers van Hoër Volkskool in hul geledere, en die Griffons het mekaar verlede Saterdag op Graaff-Reinet aangevat.
Die OP was net te sterk en het die besoekers met 35-12 geklop.
Verskeie junior spanne was ook in aksie. Neco Bokwe het vir die Graaff-Reinet Advertiser die aksie gaan afneem.
Diego Peters in volle vaart met die bal. Hy was een van vier rugbyspelers van Hoër Volkskool wat vir die Oostelike Provinsie se Cravenweekspan uitgedraf het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'