Update
SPORTNUUS - 'n Bruisende Visrivier het op Vrydag 6 Oktober 'n opwindende uitdaging aan 200 kano's en 430 roeiers gebied.
Die deelnemers het om 07:00 die veilige waters van die Grasrugdam, tussen Hofmeyr en Cradock verlaat.
Uitstekende tye is in die vinnig vloeiende rivier tot by Knutsford, wat die einde was van die eerste dag se uitdaging, behaal. Lewensredders was op bystand en het alle moeilike deurgangsroetes beman.
Dag een is deur Hamish Lovemore en Clinton Cook, met Hank Mcgregor en Jeremy Candy in 'n tweede plek gewen. Andy Birkett en Greg Louw het 'n derde plek beman, nadat hul vroegoggend 'n onverwagse swem gehad het, wat hul kosbare minute gekos het.
Teen Vrydagaand was Saskia Hockly en Christie Mackenzie die gemaklike voorlopers onder die vroue.
Nadat Birkett en Louw 'n derde plek behaal het by die halfwegstop digby Knutsford tussen Cradock en Hofmeyr, het hul Saterdagoggend, 7 Oktober, met hul tipiese deursettingsvermoë en samewerking deurgedring en uiteindelik as wenners met 30 sekondes, voor McGregor en sy Franse-spanmaat Jeremy Candy die Visrivier-kanomaraton voltooi. Lovemore en Cook, wat as Vrydag se wenners klaargemaak het, het in die derde posisie geëindig.
Die wenners, Birkett en Louw, het vir die derde keer die Visrivier-kanomaraton gewen. Onder die dames het Hockly en Mackenzie van die Euro Staal-span gemaklik eerste klaargemaak, met Bridgitte Hartley en haar Serwiese-spanmaat Krisztina Bedoc in die tweede posisie. Jade Wilson en Nix Birkett het die derde plek behaal.
Vorige artikels:
- Birkett en Louw wen Visrivier-kanomarathon met 30 sekondes
- Visrivier Kanomaraton in volle swang
- Inskrywings oop vir Visrivier-kanomarathon
Wenners in die vroueafdeling, Christie Mackenzie (voor) en Saskia Hockly.
Greg Louw en Andy Birkett, wenners in die mansafdeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’