Video
KAROO SPORTNUUS EN VIDEO - 'n Vol, bruisende Visrivier bied vandag 'n opwindende uitdaging aan met 200 kano's en 430 roeiers. Vandag 6 Oktober van 07:00 het die kano's die veilige vaarwaters van die Grasrugdam, tussen Hofmeyr en Cradock verlaat en uitstekende tye is behaal in die vinnig vloeiende rivier tot by Knutsford wat die einde was van vandag se uitdaging.
Lewensredders was op bystand en het alle moeilike deurgangsroetes beman.
Dag een is gewen deur Hamish Lovemore en Clinton Cook, met Hank Mcgregor en Jeremy Candy in 'n sterk tweede plek.
Saskia Hockly en Christi Mackenzie is tans die voorlopers onder die vroue.
VIDEO - Die 3 spanne wat vandag eerste klaar gemaak het, kort agter mekaar deur die stroomversnellings:
James Jordaan en Pieter Marais (beide van Hofmeyr) gereed vir die Visrivier Kanomaraton.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’