SPORTNUUS - Nadat Andy Birkett en Greg Louw 'n derde plek in die Visrivier-kanomarathon by die halfwegstop digby Knutsford op Vrydag 6 Oktober behaal het, het hulle met hul tipiese deursettingsvermoeë en samewerking deurgedring as wenners van die 2023 Visrivier-kanomarathon.
Hulle het gister, 7 Oktober met 30 sekondes voor Hank McGregor en sy Franse spanmaat, Jeremy Candy, geëindig.
Hamish Lovemore en Clint Cook wat as Vrydag se wenners klaargemaak het, het in die derde posisie geëindig.
Die wenners, Birkett en Louw, het vir die derde keer die Visrivier-kanomaraton gewen. Hulle het dié maraton ook in 2015 en 2017 gewen, en ook hul tweede Suid Afrikaanse K2-kampioenskap gewen. Altesaam 200 kano's en 340 roeiers het deelgeneem.
Onder die dames het Saskia Hockly en Christie Mackenzie van die Euro Staal Span gemaklik eerste klaargemaak, met Bridgitte Hartley en haar Serwiese spanmaat Krisztina Bedoc in die tweede posisie. Jade Wilson en Nix Birkett het die derde plek behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’