NASIONALE NUUS - Die 21-jarige plaaswerker, Johannes Bangiso wat skuldig bevind is aan die moord op die 52-jarige Sharon Lee Bester van Albertinia is vanoggend in die rondgaande hoërhof op Mosselbaai tot effektief 22 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Bangiso is skuldig bevind dat hy Bester op 27 Oktober, 2017 op die plaas, Zout van die Aarde in haar huis verwurg het.
Hy is ook skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en roof met verswarende omstandighede.
Regter Nathan Erasmus het tydens vonnisoplegging gesê dit is baie gevaarlik om net na die koue feite van die saak te kyk sonder om die omstandighede in ag te neem.
“As ‘n mens na die koue feite kyk sien jy ‘n persoon het ingebreek, geroof en ‘n weerlose vrou vermoor. Wanneer ons egter na die omstandighede kyk gee dit ‘n totaal ander prentjie. Bangiso het op die plaas groot geword en het deurgaans met die hof oopkaarte gespeel.
"Regter Erasmus het aan Bangiso gesê: “U was relatief jonk toe hierdie misdryf gepleeg is. Dit was die eerste keer wat u met die gereg bots. Niemand van ons word inherent boos gebore nie. U is ‘n jongmens en die fokus moet wees om te rehabiliteer.”
Lees meer van die artikel op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'