ALBERTINIA NUUS - 'n Vrou wat Saterdag (28 Oktober) dood in haar huis op die plaas Zout van die Aarde op Zoutpan in die Albertinia-distrik gevind was, is vermoor.
Volgens die stasiebevelvoerder van die Albertinia-polisie, kaptein Susan Botha, het die nadoodse ondersoek bevestig dat Sharon Lee Bester (52) verwurg is.
“’n Verdagte (20) is reeds gearresteer en verskyn vandag in die hof vir moord,” het sy gesê.
Bester se lyk is deur ‘n plaaswerker gevind wat die honde moes kos gee.
“Die ambulans was reeds op die toneel toe die polisie daar kom. Volgens die paramedici was daar tekens dat sy ‘n beroerte gehad het,” verduidelik die ondersoekbeampte, adjudant offisier Hennie de Jager.
Die plaasbestuurder het die volgende dag opgemerk dat haar voertuig, ‘n wit Land Rover, weg is. Lede van die publiek het die Land Rover Saterdag naby Dekriet opgemerk en het die verdagte herken wat op Bester se plaas werk, waarop hulle die polisie in kennis gestel het.
Lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
Sharon Lee Bester (52)
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'