Update
KAROO NUUS - Die voorvlugtige wat die afgelope week deur die polisie gesoek word vir ondervraging in die moordsaak van Thys van Niekerk, is vanoggend rondom 10:30 op die plaas Goedehoop in die Hofmeyridistrik gevang.
Die sekuriteitsmaatskappy, CDK-gewapende reaksie, het ‘n boodskap op die Cradock-WhatsApp-groep uitgestuur wat die publiek ingelig het dat Andrew Kroukamp (28) deur plaaswerkers gevang is.
Die Advertiser het ook bevestiging van ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, ontvang dat Kroukamp vanoggend gevang en tans aangehou word vir ondervraging.
Vorige artikels:
- Beloning van R22 000 op vermeende moordenaar se kop
- Thys van Niekerk: Gerda vertel dat haar pa 'n goeie mens was
- Man wanted for questioning in Cradock farm murder
- Soektog na verdagte in moord op van Niekerk
- Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
- Plaasmoord tussen Hofmeyr en Cradock
Andrew Kroukamp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’