Update
GRAAFF-REINET NUUS - Raadslid Deon de Vos, burgemeester van die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit, se uitreikingsprogram nader sy einde.
Wyke 5 en 14 sal die laaste besoekpunte wees. De Vos sal inwoners van dié wyke op Donderdag, 9 Mei in die Alex Laing-saal in Kroonvale toespreek.
Die inwoners sal ook die geleentheid gegun word om vrae aan die burgemeester te stel.
Die uitreikingsprogram het gestrek van Baviaanskloof tot Nieu-Bethesda oor 'n gebied van 28 690 km².
Lees 'n vorige artikel: Uitreikingsprogram goed op dreef
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'