CRADOCK NUUS - Van die ouers en fasiliteerders by Michausdal Senior Sekondêre Skool in Cradock is onsteld nadat dit bekend geword het dat die toesighouer by die skool se koshuis in ’n bakleiery beseer is.
Volgens inligting wat met die Graaff-Reinet Advertiser gedeel is het die toesighoudende personeellid, Beatrice Adriaanse, tussenbeide getree toe twee leerders in ’n onderonsie betrokke geraak het.
Dieselfde leerders wat Adriaanse glo aangerand het, was verlede jaar ook vir dieselfde gedrag geskors.
Die skool se leerderraad is egter steeds van mening dat sy as toesighouer nie daarop geregtig is om aandadig by die skorsing of tugtiging van leerders te wees nie.
Van die koshuisleerders se ouers sê dat hulle onseker is oor die magte van toesighoudende personeel by koshuise, en is bekommerd oor die regte stappe om te neem, omdat daar leerders van verskillende ouderdomme en agtergronde saam in die koshuis woon.
’n Ouer van een gr. 8-leerder sê dat hy sy kind juis in die koshuis laat inwoon omdat hy glo daar reëls en regulasies is, en dat die leerders wat nie hierby hou nie gestraf moet word.
Dieselfde ouer spreek hom ook uit oor onbetrokke ouers wat die opvoeding van hul kinders aan die personeel oorlaat, maar dan aanstoot neem wanneer die leerders wel getugtig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’