Update
GRAAFF-REINET NUUS - As jy nog nie jou stem vir Graaff-Reinet uitgebring het vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie nie, sal jy moet roer. Inwoners het nog net tot Vrydag 18 Maart tot om 12:00 kans om vir Graaff-Reinet te stem.
Graaff-Reinet is in 2010 as Suid-Afrika se dorp van die jaar aangewys en hy staan 'n goeie kans om die gesogte titel vir 'n tweede keer op te raap mits al sy inwoners saamstaan en stem.
Trouens, dis nou tyd vir die hele Karoo om Graaff-Reinet in die veldtog te ondersteun, sê Christie Stolz, een van die dryfvere agter die projek.
"Maar nie net die Karoomense nie, almal in die land kan gerus vir ons stem. Die droogte, Covid-19 en die sprinkaanplaag het Graaff-Reinet en omstreke hard geslaan en ons kan doen met goeie nuus."
Stols sê hy het juis Dinsdag by die Morris Minor-eienaarsklub van Suid-Afrika se saamtrek by Profcon ingeloer en die mense gevra om vir Graaff-Reinet te stem.
"Die Morris Minor-eienaars het my gul ontvang en belowe om almal SMS'e te stuur ter ondersteuning van die Karoodorp."
Dis maklik om deel te neem. Benoem jou gunstelingdorp - in dié geval natuurlik Graaff-Reinet - deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS'e kos R1,50). Jy kan soveel SMS'e stuur as jy wil, maar jy mag net een dorpsnaam per SMS stuur.
Die finaliste sal uit nege streke gekies word. Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die halfeindrondes op 17 April, 24 April en 1 Mei.
Dan sal die publiek vir 'n week lank elke ronde 'n geleentheid kry om vir hul gunselingdorp te stem.
In die halfeindronde sal slegs 30 SMS'e per nommer toegelaat word.
Die dorp met die meeste stemme dring dan deur na die eindronde. Die publiek sal dan van 17 Julie van 18:00 af tot 22 Julie tot om 12:00 vir die wendorp kan stem. Die wendorp word op 31 Julie op Kwêla aangekondig.
Vorige artikel: Dorp van die jaar wink weer
'Ons bring jou die nuuste Graaff-Reinet, Karoo nuus'