Update
KAROO NUUS - Die verdagte in die moordsaak van Thys van Niekerk is vanoggend, 8 September omstreeks 10:30 op die plaas Goedehoop, buite Hofmeyr vasgetrek.
Wo Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê Andre Kroukamp se arrestasie was die gevolg van die oorweldigende ondersteuning van die publiek, verskeie sektors en media.
Die polisie het vandag op leidrade gereageer wat tot die suksesvolle arrestasie gelei het. Polisie het Kroukamp in 'n bebosde area op die plaas vasgetrek en gearresteer. Kroukamp sal op 11 September in die Cradock-landdroshof verskyn, sê Nkohli.
Vorige artikels:
- Vermeende moordenaar in hegtenis
- Beloning van R22 000 op vermeende moordenaar se kop
- Thys van Niekerk: Gerda vertel dat haar pa 'n goeie mens was
- Man wanted for questioning in Cradock farm murder
- Soektog na verdagte in moord op van Niekerk
- Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
- Plaasmoord tussen Hofmeyr en Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’