Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die twee beskuldigdes wat op 2 Mei buite Graaff-Reinet in die SAPD se vangnet vasgetrek is vir die onwettige besit en vervoer van bykans 9 400 stuks perlemoen, verskyn vandag, Vrydag 11 Mei, weer in die hof in Graaff-Reinet.
Die totale waarde van die diefstal word beraam op R3 300 000.
Frank Daniël Barends (51) en Mannetjie Kerneels Chaka (48), beide van die Wes-Kaap, sal heel moontlik by hierdie verskyning hul borgtogaansoeke indien.
Dié twee mans is glo ou kalante in die Wes-Kaap en word daarvan verdink dat hulle al jare in die provinsie onder die radar beweeg, en nou ook in die Oos-Kaap aktief is. Hulle word daarvan beskuldig dat die perlemoen in die Oos-Kaap gestroop is en aangesien hulle ook hier vasgetrek is, sal hul verhoor plaaslik plaasvind.
Perlemoen kan forensies geplaas word by punt van oorsprong, maar die nodige ondersoeke is egter nog nie afgehandel nie.
Besoek www.graaffreinetadvertiser.com vir die uitkoms van vandag se hofverskyning.
Vorige artikels:
- Vermeende perlemoenstropers glo ou bekendes in Wes-Kaap
- Police pounce on fishy Porsche
- Polisie vis Porsche vol perlemoen uit
Mannetjie Kerneels Chaka. Foto's: www.abalonepoaching.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’