GRAAFF-REINET NUUS - 'n Reuse vrag gestroopde perlemoen ter waarde van etlike miljoene rand is gisteraand, Dinsdag, 2 Mei, na 'n jaagtog buite Graaff-Reinet deur die polisie in 'n luukse Porsche Cayenne, 'n Toyota Camry en 'n sleepwa gevind.
Twee mans is in hegtenis geneem. Die voertuie met die gesmokkelde perlemoen was vermoedelik van Kariega via Graaff-Reinet onderweg na hul eindbestemming.
Die eenhede wat die perlemoen gevind en die verdagtes in hegtenis geneem het is Graaff-Reinet SAPD, Sersant Johan Theron van die Graaff-Reinet Plaaslike Misdaadrekordsentrum, Graaff-Reinet se veediefstaleenheid en die Departement van Natuurbewaring en Visserye.
Lees môre meer in die Graaff-Reinet Advertiser.
Sowat 9 400 eenhede perlemoen is in 75 sakke vervoer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’