STEYNSBURG NUUS - Peet Coetzee, (33) van Geduldsfontein, Steynsburg, is pas genomineer as een van die jong boere wat as Agri Oos-Kaap se jong boere in die ry staan om as Agri Oos-Kaap se Jongboer, benoem te word.
Peet vertel: "Ek is gebore in Steynsburg en hy is die vyfde geslag op die familieplaas, Geduldsfontein.
"Ek het skoolgegaan by Hoër Landbou-skool Marlow en in 2009 gematrikuleer. Daarna voltooi ek my B.Com-graad in bemarking by die Universiteit van die Vrystaat. Ek is in 2017 getroud met die liefde van my lewe, Marjoli, en ons het nou drie dogtertjies."
"My droom vir my boerdery op Geduldsfontein, is om die grond beter te los vir die volgende generasie."
"Boerdery is negatief op die oomblik. Swak pryse, ekonomiese en politieke probleme en siektes wat ons vee benadeel, is vir boere 'n groot bekommernis. Maar as ons daarin gaan vaskyk sal ons lewensuitkyk altyd negatief bly. Ek glo hierdie tye druk ons in 'n rigting sodat ons anders moet begin dink oor boerdery en sodat elkeen van ons anders begin boer!
"Vir my is die heel belangrikste egter om te geniet waarmee ek besig is. Die Here het my toevertrou met my boerdery en dit is my werk om Sy naam groot te maak en Sy koninkryk te bou, elke dag, met dit wat ek besig is. God is altyd prioriteit nommer een."
Coetzee se missie is om boerdery, vir veral jonger mense, baie meer aanloklik te maak sodat leë plaashuise weer vol sal word met gesinne en boere meer werk kan skep vir al ons mense in die land.
Graaff-Reinet Advertiser het voorheen berig oor Marjolie Coetzee en Geduldsfontein boerdery.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’