Update
KAROO NUUS - Die 23-jarige man, Hilton Wicks van Maclear wat vanoggend ontvoer is, is 'n bekende sakeman van dié Oos-Kaapse dorp.
Wicks is 'n aandeelhouer van KwaWicks wat verskeie ondernemings in Maclear (nou amptelik Nqanqarhu) besit. Hy is vanoggend in Maclear in die Oos-Kaap deur drie mans ontvoer.
'n Beroep word op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir 'n wit VW Polo waarin Wicks glo ontvoer is asook vir 'n grysgroen Toyota Corolla wat in die omgewing van die ontvoering opgemerk is.
Die voertuie het beide in die rigting van die Langenipas na Mtata weggery. Sy Toyota Hilux met die KwaWicks logo daarop word ook vermis.
Enigiemand wat die voertuie of Wicks gewaar moet dringend die Maclear-polisie by 045 932 1010 kontak.
Wicks was in 2017 hoofseun van Kingswood College in Makhanda en het 'n graad in bemarking.
Vorige artikel: Jongman van Maclear ontvoer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’