KAROO NUUS - 'n 23-jarige man, Hilton Wicks is vanoggend, 24 Maart, in Maclear (nou amptelik Nqanqarhu) in die Oos-Kaap deur drie mans ontvoer.
'n Beroep word op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir 'n wit VW Polo waarin Wicks ontvoer is asook vir 'n grysgroen Toyota Corolla wat in die omgewing van die ontvoering opgemerk is.
Die voertuie het beide in die rigting van die Langenipas na Mtata weggery.
Enigiemand wat die voertuie of Wicks gewaar moet dringend die Maclear-polisie by 045 932 1010 kontak. Wicks was in 2017 hoofseun van Kingswood College in Makhanda.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’