KAROO NUUS - Die 65-jarige Thys van Niekerk se moordenaar, Andrew Kroukamp (28), is op 14 Augustus in die Hooggeregshof in Makhanda lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op die bekende sivilele ingenieur op 'n plaas tussen Cradock en Hofmeyr in Augustus 2023.
Kroukamp is tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis vir inbraak en diefstal, lewenslank vir moord en 15 jaar vir diefstal met verswarende omstandighede.
Wyle Van Niekerk se kinders het die hofverrigtinge bygewoon.
Van Niekerk se dogter, Gerda Wagner, het na afloop van die vonnisoplegging die gemeenskap van Hofmeyr, die polisie en sekuriteitsmaatskappye vir hul hulp en bystand bedank. "Julle het almal hande gevat en ons gedra.
Soos ons liefste pa sou sê: Ons is geseënd, ons het baie om voor dankbaar te wees. Die regter het lewenslank gegee... For what it's worth."
Vorige artikels:
- Kroukamp erken hy het ingenieur vermoor
- Voortvlugtige vasgetrek in die veld
- Beloning van R22 000 op vermeende moordenaar se kop
- Thys van Niekerk: Gerda vertel dat haar pa 'n goeie mens was
- Man wanted for questioning in Cradock farm murder
- Soektog na verdagte in moord op van Niekerk
- Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
- Plaasmoord tussen Hofmeyr en Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’