Update
KAROO NUUS - Andrew Kroukamp (28) wat vir die moord op Thys van Niekerk aangekla word, het op Donderdag 5 Oktober weer ‘n borgtogaansoek aan die hof gerig, maar dit is afgekeur.
Kroukamp het sy eerste hofverskyning op Maandag 18 September in Cradock gemis omdat daar glo geen polisievoertuig beskikbaar was om hom na die hof te neem nie. Hy was daarna op 27 September weer in die hof en die saak is toe tot 5 Oktober uitgestel.
Die 64-jarige slagoffer was ‘n siviele ingenieur betrokke by die opgradering van die R390-pad. Sy liggaam is op 30 Augustus in ‘n plas bloed in sy huurhuis op ‘n plaas tussen Hofmeyr en Cradock gevind.
Kroukamp staan tereg op aanklag van moord en roof met verswarende omstandighede, asook veediefstal. Hy bly in aanhouding in Middelburg.
Shaun Vermaak, siviele ingenieur van Hofmeyr, het op 15 September, twee weke na die moord, Van Niekerk se pos gevul.
Volgens Johan Swanepoel van SNA Civil & Structural Engineers wag hulle op goedkeuring vanaf Sanral om voort te gaan, maar het hulle reeds begin werk om op skedule te bly. “Vermaak se permanente aanstelling is onderhewig aan die goedkeuring van Sanral, maar die werk gaan intussen voort,” sê Swanepoel.
“Die kontrakteur, Roadmac Surfacing Cape (RMSC) is klaar met vestiging op die terrein en alles is reg om te begin. Daar is reeds begin met afmetings en afmerk van roetetekens en roetebeheerbestuur is reeds in plek. Die publiek word versoek om die roete met sorg en omsigtigheid te benader. Reken addisionele reistyd in as u betyds vir ’n afspraak moet arriveer.”
Swanepoel sê ook dat alle ander vereistes deur SNA reeds nagekom is, dat subkontrakteurs aangestel is, en die hoofkontrakteur met werk kon begin.
Vorige artikels:
- Voortvlugtige vasgetrek in die veld
- Beloning van R22 000 op vermeende moordenaar se kop
- Thys van Niekerk: Gerda vertel dat haar pa 'n goeie mens was
- Man wanted for questioning in Cradock farm murder
- Soektog na verdagte in moord op van Niekerk
- Vermoorde ingenieur sou na projek aftree
- Plaasmoord tussen Hofmeyr en Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’