Update
ABERDEEN NUUS - Die boer van die Aberdeen-omgewing wat sedert sy arrestasie op 3 Julie in aanhouding is, het gister, 20 Julie weer in die hof op Aberdeen voorgekom.
Die saak is gister nogeens uitgestel, hangende die aanwysing van 'n nuwe aanklaer en landdros.
Die aangeklaagde het nog nie die geleentheid gehad om 'n formele borgaansoek voor die hof te bring nie.
Klagte teen die man strek van mensehandel, verkragting, en kinderarbeid tot intimidasie en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy bly steeds in aanhouding op Graaff-Reinet.
Die saak is tot 27 Julie uitgestel.
Vorige artikels:
- Aberdeen-saak uitgestel vir borgtogaansoek
- Man van Aberdeen vandag vlugtig in Graaff-Reinet-Landdroshof
- Boer van Aberdeen in hegtenis vir mensehandel en talle ander ernstige misdade
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’