Update
ABERDEEN NUUS - Die saak van die Aberdeen-boer wat op 3 Julie, op sy plaas in hegtenis geneem is, het vandag, 13 Julie in die Aberdeen-landdroshof voorgekom.
Die saak is voorlopig vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel en sal ‘n landdros van buite, die aansoek hanteer.
Die man is op verskeie ernstige strafsake soos mensehandel (vyf aanklagte), verkragting (vyf aanklagte) aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie en kinderarbeid, in hegtenis geneem.
Die saak is tot 20 Julie uitgestel en sal weer in die Aberdeen-landdroshof voorkom.
Vorige artikels:
- Man van Aberdeen vandag vlugtig in Graaff-Reinet-Landdroshof
- Boer van Aberdeen in hegtenis vir mensehandel en talle ander ernstige misdade
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’