Update
ABERDEEN-NUUS - Die man van ‘n plaas in die Aberdeen-distrik, wie se identiteit weerhou word as gevolg van die aard en omvang van die klag waarop hy tereg staan, het gister, 16 Februarie in Aberdeen in die hof verskyn vir ‘n formele borg-aansoek.
Die aansoek is gistermiddag uitgestel na volgende week, Donderdag, 23 Februarie.
Intussen bly die man, wat daarvan beskuldig word dat hy sy sewejarige dogtertjie seksueel aangerand het, in aanhouding.
Vorige artikel: Man aangekla van kinderverkragting
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'