Update
KAROO NUUS - Die 14-jarige meisie wat al sedert 28 Oktober vermis is, het Sondagmiddag, 12 November om 15:30 by haar ouerhuis in Michausdal opgedaag.
Monique Smith se ma, Annemarie sê dat sy dieselfde klere aangehad het waarmee sy die huis twee weke gelede verlaat het.
Volgens haar ouers het sy sekere onthullings aan hulle gemaak, wat hulle met meer vrae as antwoorde laat.
Haar ouers het die polisie in kennis gestel, en sal haar na die Departement van Maatskaplike dienste neem.
Die Advertiser het 'n navraag aan die polisie gerig, en sal sodra inligting verkry word daaroor berig.
Vorige artikel: Vermiste 14-jarige van Cradock
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’