KAROO NUUS - Die ouers van Monique Smit (14) van Lotusstraat , Michausdal, sê dat hul dogter op 28 Oktober hul huis verlaat het en sedertdien vermis word.
Monique was geklee in 'n swart sweetpak en het sandale aangehad.
Sy is op 28 Oktober in die Thula-area in Lingelihle opgemerk, maar nog nie weer gesien nie.
Die Cradock-polisie is ook betrokke by die soektog, en versoek dat enige inligting aan Speur-Sersant Monica Bouwers by Cradock-polisie nommer 078 157 3958 deurgegee word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’