GRAAFF-REINET — Op 'n sonskyn Saterdagoggend, 22 Julie, het bekende tuinboukundige en tv-persoonlikheid Tanya Visser, Graaff-Reinet besoek.
Visser is redakteur van The Gardener/Die Tuinier-tydskrif en kan ook op televisie gesien word waar sy 'n program oor tuinbou aanbied.
Tydens haar besoek was Visser op 'n missie om tuiniers in Graaff-Reinet se passie vir grawe in die grond aan te vuur.
Besoekers aan die Blue Magnolia-kwekery in Mullerstraat op dié dag was bevooreg om haar vinnig te kom ontmoet en daarmee saam 'n vinnige les in tuinbou te kry.
Sy het aan ieder en elk tuinwenke uitgedeel en het elkeen wat by dié kwekery aangegeaan het, beslis baie verryk daar uitgestap.
Met haar borrelende persoonlikheid het sy verseker dat diegene wat sy teegekom het nou begeesterd is om hul tuin nog mooier te maak of om te begin tuinmaak.
Tydens haar besoek aan Graaff-Reinet het Visser ook ander besienswaardighede soos die Vallei van Verlatenheid asook die Obesa-kwekery besoek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'