GRAAFF-REINET NUUS - Ligte sneeu het op Sondag 9 Julie deur die dag en nag op hoogliggende gedeeltes van die Dr Beyers Naudé-distrik begin geval.
'n Sprokiesmooi gesig het 10 Julie op motoriste en inwoners van die area gewag, nadat 'n dik sneeukombers die veld en berge wit gelaat het.
FOTOGALERY: Sneeu bring mooiheid en koue
Die Loots- en Wapadsbergpas was tydelik vir verkeer gesluit as gevolg van sneeu op die pad, en het vragmotors gesukkel om die styl bulte uit te ry en selfs gestrand geraak. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het erge koue en sneeu vir die omgewing voorspel, maar niks kon mens voorberei op die pragtoneel nie.
Die provinsiale verkeer het die twee bergpasse weer Maandagoggend, 10 Julie, vir verkeer oopgestel en kon motoriste na die sneeu gaan kyk en heerlik daarin baljaar.
Die foto is op die vakansieplaas, Compassberg in Nieu-Bethesda deur Brenda James geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’