GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool in Graaff-Reinet is nou offisieël 'n groen skool.
Die skool herwin al vir 'n geruime tyd, maar nou gaan hule dit op groot skaal in alle erns begin doen.
Hierdie inisiatief maak deel uit van die Graad 10's se Lewensorienteringsprojek vir 2018.
Spesiale herwinningsdromme sal voorts in elke klas gestationeer wees om herwinning aan te moedig.
Die leerders maak die dromme dan self skoon en gaan help ook om die trokke te laai.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'