GRAAFF-REINET NUUS - Inbrekers wat met R262 000 by Pep in Caledonstraat, Graaff-Reinet, weggekom het, is steeds op vrye voet.
Die geld, klere en selfone is gedurende die nag van 1 en 2 Augustus gesteel toe die verdagtes deur die dak van die gebou se stoorkamer toegang verkry het.
Daarna het hulle 'n gat in die muur gebreek om binne die winkel te kom.
Volgens Kapt Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder vir die Graaff-Reinet SAPD, is die besigheid se kluis oopgebreek en die geld en selfone daaruit gebuit. Rawlinson sê die polisie volg alle moontlike leidrade op.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'