GRAAFF-REINET NUUS - Die Pep in Caledonstraat, Graaff-Reinet, het erg deurgeloop onder inbrekers.
R262 000 se kontant, klere en selfone is die nag van 1 en 2 Augustus gesteel toe die verdagtes deur die gebou se stoorkamer-dak toegang verkry het.
Daarna het hulle 'n gat in die muur gebreek om binne die winkel te kom.
Volgens Kapt Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder vir die Graaff-Reinet SAPD, is die besigheid se kluis oopgebreek en die geld en selfone daaruit gesteel.
Nog niemand is in verband met die misdaad in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'