Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die buurgemeester van Dr Beyers Naudé plaaslike munisipaliteit, eerwaarde Ewald Loock, het pas ingestem om vanmiddag 16:00 met die lede van die Action Save DBNLM Movement te ontmoet om die verkoop van munisipale bates te bespreek.
Dit volg nadat die hekke van die munisipale kantore te Caledon- en Kerk Straat gister, Maandag 11 April, deur omgekrapte inwoners met kettings vasgesweis is om toegang daartoe te verhinder.
Die inwoners se protesaksie voor die munisipaliteit se kantore te Caledon Straat duur steeds voort en die hekke is steeds toe.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'