Update Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO'S - Inwoners van Graaff-Reinet, onder die vaandel van die Save DBNLM Movement, het vanoggend, 11 April, douvoordag die munisipale geboue in die dorp se deure met kettings toegesweis om toegang te verhinder.
Volgens hulle werk die munisipale amptenare in elk geval nie vir die gemeenskap nie so hulle kan net sowel by die huis bly.
Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat sommige munisipale eiendomme glo vandag aanlyn opgeveil word sonder die gemeenskap se medewete.
Die Graaff-Reinet-vliegveld word ook later hierdie week op 13 April opgeveil.
Lede van die Save DBNLM Movement is erg omgekrap omdat hulle steeds aandring op publieke deelname. Hulle voel dat die verkoop van munisipale bates sonder publieke deelname ongrondwetlik en onwettig is.
VIDEO: Inwoners raadop met munisipaliteit
VIDEO: Save DBNLM sweis geboue met kettings toe
Verwante artikel: Inwoners ontevrede oor verkoop van munisipale bates
Hier is hulle besig om te sweis.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'