GRAAFF-REINET NUUS - Inwoners van Graaff-Reinet het sedert Vrydag al begin met protesaksie, om hul ontevredenheid uit te spreek oor die verkoop van munisipale bates.
Hulle is veral ongelukkig oor die verkoop van Urquhart Park, omdat daar geen ander ontspanningsgeriewe in die dorp is nie.
'n Petisie met sowat 33 handtekeninge is ook Vrydag aan die munisipaliteit gestuur.
Dit is waarin die ontevrede inwoners eis, dat die veiling wat vir die 24ste Maart geskeduleer is, stopgesit moet word. Hulle beoog hiermee, dat daar vir behoorlike publieke deelname in die besluit voorsiening gemaak word.
Volgens die inwoners, het die munisipaliteit se onbevoegdheid en gebrek aan etiese leierskap die finansiele dilemma veroorsaak dat die roekelose verkoop van waardevolle bates noodsaak.
Hulle is van die mening, dat 'n bekwame munisipale bestuur eerder die potensiaal van hierdie bates sou ontwikkel en benut het om inkomste vir die openbare beursie te genereer.
Die protesaksie is Saterdag voorgesit met 'n motoroptog deur die strate om die gemeenskap bewus te maak van die beoogde veiling van munispale eiendomme. Hulle het ook beoog om nog handtekeninge vir die petisie in te samel. Die volledige petisie sal vroeg aanstaande week oorhandig word.
Die protesaksie is Saterdag voorgesit met 'n motoroptog deur die strate om die gemeenskap bewus te maak van die beoogde veiling van munispale eiendomme.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'