Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naude-munisipaliteit het weereens nie die spertyd vir antwoorde op die memorandum van People for Basic Rights (P4BR) gehaal nie. Hulle het onderneem om op 28 Februarie daarop te reageer nadat hulle dit nie binne die oorspronklike spertyd kon doen nie omdat hulle glo eers interne prosedures moes volg.
Volgens Johnny Swartz, voorsitter van die Camdeboo Development Forum, sou die P4BR vandag, Woensdag 1 Maart, teen 11:00 by die auditorium van die munisipaliteit bymekaarkom om antwoorde op die memorandum by die munisipale bestuurder en sy direkteure te eis.
Rankwana was egter gister in Gqeberha vir 'n vergadering. "Ons gaan nog steeds daarheen sodat hulle die boodskap kan kry dat ons ernstig is," het Swartz gesê.
Vorige artikels:
- Municipality will respond to civil complaints on 28 Feb
- Protest unites all walks of life
- Optog teen munisipaliteit begin 10:15
- A call to action!
- MM's contract causes outcry
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'