Gallery Update Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO'S - Talle protesgangers wat deelneem aan die optog teen Dr Beyers Naude-munisipaliteit wag geduldig in die oop spasie tussen die Robert Sobukwe-gebou en die treinspoor.
Die optog begin om 10:15 en die organiseerders vra dat Graaff-Reinetters die aksie ondersteun en kom saamstap in Kerkstraat tot by die ouditorium-gebou.
FOTOGALERY: Graaff-Reinet marches for service delivery
By die gebou sal ‘n memorandum met griewe uitgelees word en na verwagting sal die grieflys aan DBNLM Speaker Cheslin Felix oorhandig word.
Verskeie organisasies ondersteun die optog wat plaasvind onder die oorsig van die sambreelorganisasie, People for Basic Rights (P4BR).
P4BR sê dat die munisipaliteit se onbevoegdheid inwoners na ‘n punt dwing waar daar geen meer hoop op verbetering of dienslewering is nie.
VIDEO - Optog teen swak dienslewering van Dr Beyers Naude-munisipaliteit (Video: Pieter Pienaar, Graaff-Reinet Advertiser).
VIDEO - Johnny Swartz se verwagtinge rakende die optog (Video: Chriszanne Janse van Vuuren, Graaff-Reinet Advertiser).
VIDEO - Die optog is in volle swang (Video: Chriszanne Janse van Vuuren).
Vorige artikels:
Zola Menze van Willowmore is van mening dat die Dr Beyers Naudè nie 'n waterprobleem het nie, die probleem lê by die munisipaliteit. Hy verwys na die waterlekke op die pyplyn vanaf Wanhoop na Willowmore en vra dat die munisipaliteit moet ophou om vir die gemeenskap te lieg.Foto: Chriszanne Janse van Vuuren
Anneke Venter van die Camdeboo Community Development Forum stem saam dat ons nie 'n waterprobleem het nie. Sy sê dat sy met haar eie oë gesien het dat daar oorgenoeg water by Maggie se put is.Foto: Chriszanne Janse van Vuuren
Sias Smith (in rooi) sameroeper van die optog adresseer die skare. Foto: Chriszanne Janse van Vuuren
Die vredevolle protes teen swak dienslewering versamel vanoggend vanaf 09:30 langs die Robert Sobukwe gebou. Die opkoms is tans nog nie so groot nie en word lede van die publiek uitgenooi om te kom saam staan teen wanbestuur binne die DBNLM. Foto's: Pieter Pienaar
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'