Gallery Update Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Meer as 100 gelowiges van Graaff-Reinet en omgewing het Saterdag, 31 Augustus, in gebed verenig vir reën en 'n einde aan die heersende droogte.
Die gebedsessie het by die wal van die Nqwebadam plaasgevind. Die dam is leeg.
Kobus Nel, organiseerder van die gebedsessie, het die program geopen deur te sê, "Ons verwagtinge is van U alleenlik. U gee in oorvloed."
In gebed is die land se landbouers ook aan God opgedra, met die woorde "Ons bid vir hulle wat U die gawe gegee het om die land te bewerk. Ons bid vir die boere wie se skuld oorloop."
Kerkleiers was dit eens dat hierdie episode van droogte ook sal verbygaan. "U het iets groter beplan en in plek vir U skepping," het een van die kerkleiers gesê.
Menigde paartjies het in liefde en geloof die gebedsessie bygewoon.
Volgens Mzwandile Mjadu, bestuurder van die plaaslike Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParks), is SANParks slegs verantwoordelik vir die droë grond om die dam. Die dooie visse is die taak van die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit.
"Ons sal die munisipaliteit ondersteun met advies en hulpbronne waar ons kan," het Mjadu aan die Advertiser gesê. Die munisipaliteit het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.
Kyk 'n video hieronder:
Meer as 100 gelowiges van Graaff-Reinet en omgewing het Saterdag in gebed verenig vir reën.
Op klippe en stoele het mense hul tuisgemaak om te bid.
Kobus Nel tydens gebed.
Lees 'n vorige artikel: Locals invited to pray for rain
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'