GRAAFF-REINET NUUS - 'n Vyfjarige gemmerkat het Dinsdag nog om sy lewe geveg, nadat hy Saterdag, 1 Junie, met 'n windgeweer in die omgewing van Jansenstraat geskiet is.
Vasco, die troeteldier van Adéle de Beer, is tans in 'n kritieke toestand in die Veterinary Surgeons Dierehospitaal in Graaff-Reinet, nadat die koeël op vier plekke deur sy derms is.
Dié wond word behandel deur dr Roland Rimothy Larson."Vasco was vol bloed en erg siek toe hy [Saterdag] by die huis aankom," het De Beer vertel.
Om hierdie tramatiese gebeurtenis te vererger beweer De Beer dat sy Maandag deur die Graaff-Reinet SAPD ingelig is dat sy nie 'n klag kan lê nie, "want daar is nie 'n verdagte nie."
Polisieskakeloffisier, kapt Bradley Rawlinson, het egter Dinsdag die Advertiser ingelig dat sy wél geregtig is om 'n klag te maak. Volgens Rawlinson moet De Beer aandring om die stasiebevelvoerder te sien as sy nie geholpe raak nie.
Gemeenskapslede met inligting oor Vasco se skiet-voorval kan Adéle de Beer skakel by 076 354 2029.
Lees 'n vorige artikel: Gemmer kat geskiet
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'