Update
GRAAFF-REINET NUUS - Jan en Dina Kane van Proteastraat in Kroonvale, Graaff-Reinet het Sondagoggend, 14 Maart al hulle aardse besittings verloor na 'n brand hulle huis verwoes het.
Die brand, wat uitgebreek het na 'n kers glo omgeval het, het die woning se dak en binnekant verwoes, maar gelukkig is niemand beseer nie. Die brandweer was gou op die toneel en het hard geswoeg om die vlamme te blus.
Die egpaar is in groot nood en enige hulp met kos, boumateriaal, meubels en beddegoed sal waardeer word.
Mense wat kan help, kan vir Wyk 5-raadslid, Glenda Mackelina skakel by 073 399 5806.
Mackelina het reeds die munisipaliteit genader vir hulp, maar die plaaslike owerheid is volgens haar nie in 'n posisie om te help nie.
Die brand het glo ontstaan na 'n kers omgeval het. Foto's: verskaf deur rdl. Daniel Williams
Vorige arikel: Egpaar se huis verwoes in brand
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'