GRAAFF-REINET NUUS - Jan en Dina Kane van Proteastraat in Kroonvale, Graaff-Reinet het alles verloor na daar gisteroggend, Sondag 14 Maart, 'n brand by hul huis uitgebreek het.
Die brand, wat om 09:30 ontstaan het, het die woning se dak en binnekant verwoes, maar gelukkig is niemand beseer nie.
Rdl Daniel Williams het gevra dat die gemeenskap die egpaar help met kos, boumateriaal, meubels en beddegoed. Skenkers kan hom kontak by 081 554 1965. Donateurs kan ook vir Wyk 5-raadslid, Glenda Mackelina skakel by 073 399 5806 om te help.
Rdl Williams het sy en die familie se dank betuig aan die brandbestrydingsbeamptes van die munisipaliteit wat hard gewerk het om die brand te blus.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.Rdl Williams het sy en die familie se dank betuig aan die brandbestrydingsbeamptes van die munisipaliteit wat hard gewerk het om die brand te blus.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'