GRAAFF-REINET NUUS - Cradock Hoërskool het vandag, 25 November, 'n sooispitseremonie gehou. 'n Nuwe Multi-Sport Sintetiese baan waarop hokkie, netbal en sokker gespeel kan word sal hier installeer word.
Dit sal ook die eerste doelgemaakte 5's Hokkiebaan, volgens internasionale standaarde, in RSA wees.
Die eerste sooi is gespit deur André Pretorius, uittredende voorsitter van die beheerliggaam.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'