Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEOS - Volgens Pierre Vlok, BKB se bestuurder van wol in die westelike-streek, was die gehalte van ramme uitstekend tydens Vrydag, 16 Augustus, se BKB Nasionale Merino Veiling op Graaff-Reinet.
Die jaarlikse veiling is by Botanies aangebied as deel van BKB se honderdste bestaansjaar.
Met 'n Colesberg-ram wat die hoogste prys van R170 000 behaal het, het Graaff-Reinet se Robert Rubidge van Wellwood se ses ramme ook droompryse opgelewer.
Rubidge se een 129 kg-ram het die tweede hoogste prys op die veiling behaal, toe afslaer Gert Jordaan met sy hammer die bod op R92 000 aan Wicus Cloete van Ermelo toegeslaan het.
Amptelike syfers is vandeesweek bekend gemaak. Die ramme is vir gemmidelde van R28 067 verkoop.
Vlok het die ramme as van die beste gehalte merino's in die land beskryf.
Kyk video's hieronder:
Lees 'n verwante artikel: Bielie van 'n ram haal R170 000
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'