COLESBERG NUUS— Op Donderdag, 15 Junie, het Steers sy deure amptelik na ‘n R2 000 000 opgradering, geopen.
Met die Advertiser se besoek aldaar het Rian Lingenfelder trots voor die restaurant rondgestaan.
Lingenfelder is die eienaar van die Ultra City-kompleks wat reeds sedert Oktober 1989, bestaan.
Die argitek wat destyds die beplanning en uitleg van die Ultra City gedoen het was Louis Cloete van Pretoria.
Steers was egter nie van die begin daar nie, maar is voorafgegaan deur “Golden Egg”restaurant wat oop was vanaf 1989 tot Augustus 1996, waarna “Whistle Stop” restaurant oorgeneem het vanaf September 1996 tot Oktober 2007.
Die uitstekende ligging het dan ook tot gevolg gehad dat Steers in November 2007 'n restaurant/wegneem-ete tak hier gevestig het.
Huidiglik is al die meublement en eetgerei vervang tesame met ‘n verandering in die uitleg van die restaurant. Dit is tans toeriste-vriendelik met puik diens. Vorige eienaars was Rupert King en later na hom was dit Dave Naude.
Tans is daar 20 Ultra City’s landwyd terwyl Colesberg Ultra City die eerste is met hierdie kraaknuwe voorkoms. Die restaurant is 24-uur per dag oop. Die bestuurder van Steers is Freek Meyer en die onder-bestuurder Maxi Andreas.
Saam met die toesighouer Annemarie Schreuder verseker hierdie span dat alles klopdisselboom verloop.
'Ons bring jou die nuutste Colesberg, Karoo nuus'