Update Video
GRAAFF-REINET NUUS en VIDEO — ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys van R255 000 is behaal tydens die Nasionale Merino Ramveiling wat op Vrydag, 18 Augustus, in Graaff-Reinet gehou is.
Graaff-Reinetters Theo en Jaco Potgieter van Groep 3 Merino’s het hierdie uitstekende ram verkoop aan Jan en Jaco Wiese van Biesiespoort Merinostoet, Loxton.
Hoë pryse was aan die orde van die dag, met nog drie ander ramme wat vir meer as R100 000 verkoop is.
Wellwood Merinostoet se twee hoogste prys ramme het R165 000 en R105 000 onderskeidelik behaal en is albei gekoop deur Phoenix Merino’s van Graaff-Reinet.
Trumps Merinostoet (Andries en Jan Pienaar, Hanover) het R130 000 behaal vir ‘n ram wat deur die Lesotho Wool and Mohair Promotion Project aangekoop is.
Die gemiddelde ramprys vir die veiling was R29 569 vir die 65 ramme verkoop.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige nuusflits: Rekordprys by veiling behaal.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'