Video
GRAAFF-REINET NUUSFLITS en VIDEO - 'n Merinoram van Theo Potgieter van Graaff-Reinet het 'n rekordprys van R255 000 op die onlangse Nasionale Merino Ramveiling behaal.
Die kopers was Jan en Jaco Wiese van Biesiespoort Boerdery in die Loxton-distrik.
Die veiling is op Vrydag, 18 Augustus deur Groep 3 aangebied.
Groep 3 het 9 voortreflike, hoë wolkwaliteit ramme met goeie bouvorm by dié veiling, wat in Graaff-Reinet gehou is, aangebied.
Lees meer hieroor in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser, asook aanlyn.
Kyk 'n video hieronder.
Dié merinoram het 'n rekordprys van R255 000 by die veiling behaal.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'