GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Laer Volkskool het onlangs aan 'n swemgala by Hoër Volkskool deelgeneem en Volkskool se swemmers het 'n baie goeie dag gehad.
Hulle het 18 goud-, 23 silwer- en 7 bronsmedaljes tydens die gala gewen.
Zenicke van Schalkwyk het ook 'n nuwe byeenkomsrekord vir dogters o. 11 in die 50m-rugslag losgeswem.
Carlien Oosthuizen, Zenicke van Schalkwyk, AW Lambrechts en Francois Naudé het vir halferekleure gekwalifiseer.
Spanfoto van Laer Volkskool se swemmers wat aan die swembyeenkoms deelgeneem het. Foto: Mari Swiegers
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'