GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Groot eer het ‘n kranige swemmer van Graaff-Reinet onlangs te beurt geval.
Rianco Vermeulen, 'n Graad 11-leerling verbonde aan Hoër Volkskool, is as die beste 16-jarige swemmer in die Oostelike Provinsie in alle A-liga swemgalas aangewys.
Hierdie toekenning is gemaak tydens die NMBA-prysuitdeling in Port-Elizabeth waar hy die Turner-wisseltrofee vir dié prestasie toegeken is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'