GRAAFF-REINET NUUS - HVS-leerders Marlien Crewe-Brown, Danè Thiart, Llewellyn Crewe-Brown, Emile Blignaut en Marni van der Merwe het onlangs aan 2018 se derde B-groep gala in Port-Elizabeth deelgeneem en die volgende plekke behaal:
Marlien behaal 'n tweede plek in die dogters 14-jaar.
Danè neem in dieselfde ouderdomsgroep deel en behaal 'n vierde plek vir vlinderslag, 'n vierde plek vir borsslag en 'n derde plek in kruipslag.
Llewellyn neem deel in die 15-jaar en ouer kategorie en behaal 'n algehele tweede plek.
Emile neem ook deel in die 15-jaar en ouer kategorie en behaal 'n sewende plek vir 50m rugslag, 'n sewende plek in die 50m borsslag en 'n tiende plek in die 50 kruipslag.
Marni neem ook in die 14-jaar ouderdomsgroep deel en behaal 'n vyfde plek in die 50m kruipslag en 'n goeie eerste plek in die 50m borsslag.
HVS-leerders Marlien Crewe-Brown, Danè Thiart, Llewellyn Crewe-Brown, Emile Blignaut en Marni van der Merwe het onlangs aan 2018 se derde B-groep gala in Port-Elizabeth deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'