GRAAFF-REINET NUUS - Llewellyn Crewe-Brown, Hoër Volkskool se stêr-swemmer, het onlangs aan die Oos-Kaap Swemproewe deelgeneem in Port-Elizabeth.
Hy het aan ses items deelgeneem en in al ses items eerste plekke behaal.
Hierdie prestasies het verseker dat hy in die Oos-Kaap Swemspan opgeneem is.
Hy gaan die Oos-Kaap verteenwoordig by die die Suid-Afrikaanse Somer Spele (Skoolswem) vanaf 9 Desember in Gauteng. "Ons wens hom baie geluk en alle sterkte toe!" het die skool gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'