GRAAFF-REINET NUUS - Verlede week het Union die jaarlikse Interskole swemgala tussen die Volkskole en Union by HVS se binnenshuise swembad aangebied.
Die gala is baie goed ondersteun deur groot getalle deelname, baie ouers en ander ondersteuners wat bygedra het tot dié suksesvolle byeenkoms.
Marlien Crewe-Brown en haar boetie, Llewellyn, albei swemmers van Hoër Volkskool, het twee nuwe toekennings, geborg deur Aquabear Graaff-Reinet, by name die Senior Victrix en Victor Ludorum, gewen.
Hul moes egter hard werk vir dié toekennings en elkeen het buitengoewone goeie prestasies behaal.
Lllewellyn het aan ses items deelgeneem en vier rekords verbeter. Hy het ook eerste gekom in die 100m Vryslag Ope, wat 'n nuwe item is en die rekord opgestel.
Marlien het ook aan ses items deelgeneem, waar sy vyf rekords verbeter het en ook die 100m Vryslag Ope-rekord opgestel het. Sy het die 4x25m Individuele Wisselslag rekord met 17 sekondes verbeter en die 50m Vlinderslagrekord met 9 sekondes.
Ander Volkskool-swemmers wat goeie eerste plekke verower het is Marnie van der Merwe (4x25m Ind Wisselslag), Marichen Piek (50m Vryslag, 50m Vlinderslag, 50m Rugslag en 4x25m Ind Wisselslag), Rianco Vermeulen (50m Vryslag, 50m Vlinderslag, 50m Rugslag en 4x25m Ind Wisselslag), Danè Thiart (50m Vlinderslag en 50m Vryslag), PJ de Goede (50m Borsslag) Lynette Ittershagen-Strauss (50m Borsslag) en Jaco Gouws (50m Borsslag).
Die Volkskool O.19A Seuns-aflosspan het teen 'n rekord van 49,9s gekompeteer wat in 2014 deur Antonie de Beer, Lucian Laubscher, Erwin Ittershagen-Strauss en Arnu Grassman opgestel is, en verbeter die rekord na 49,88s.
Tydens die gala was dit moeilik om te bepaal wie sou op die einde van die dag wen.
Na die 100m Vryslag-item het Volkskool egter skouer aan die wiel gesit op die einde met die titel van Interskole Swem Wenners 2018 uit die stryd getree met ‘n puntestand van 389 - 343 in Hoër Volkskool se guns.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'