GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool se tennisspelers het weer hierdie jaar aan die Tennis-vir-Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem.
Die eerste ronde het hul wedstryde in hul groep gespeel, waar hul vir Hoërskool Dirkie Uys 23 -22 gewen het, en vir Auxburg Landbouskool 35-10 gewen het.
Met al die punte wat hul bymekaar gemaak het, het hul eerste in hul groep geëindig.
Daarna het hul deurgedring na die semi-finale ronde waar hulle teen Hoërskool Durbanville te staan gekom.
Ongelukkig het hul hierdie wedstryd verloor en moes die spelers toe uitspeel vir derde en vierde plekke teen Hoërskool Belville.
Hul wen dié wedstryd gemaklik met 31-18 en bring toe die bronsmedalje huis toe.
Alwyn van der Merwe, Liezel Nel, Dehana van der Merwe, Dane Thiart, Dieter Bertram, Elize de Jager, Inke van der Merwe en Petri van der Merwe. Afwesig: Johannes Conradie en Owen Thiart.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'