CRADOCK SPORT NUUS - Marlow Hoër Landbouskool het die afgelope week vanaf 15-18 Februarie die 21ste Tjaart Vorster Tennistoernooi aangebied. Twee-en-twintig spanne (12 seun- en 10 dogterspanne) het vanjaar deelgeneem.
Carin van Rensburg het weer as toernooi- skeidsregter opgetree en al die spelers het in Die Tuishuise en Victoria Manor tuisgegaan.
Die dogtersfinaal is beslis tussen Oranje Meisieskool en Curro Durbanville met Oranje wat as wenners uit die stryd getree het.
Die seunsfinaal was tussen Pearson en Paul Roos se Uitnodigingspan. Dit was 'n taai stryd met Pearson wat dan as die wenners gekroon is.
Die Geestrofee het vanjaar gegaan aan Cradock se dogters en die gesogte Tjaart Vorster Toekenning is toegeken aan Brandon Rieseberg van Pearson.
Marlow se span het baie goed gevaar en het 4de gekom, nadat hul naelskraap met 13-11 teen Sentraal verloor het. In die uitdunrondtes het Marlow onder meer afgereken met Oakdale (18-10), Stirling High School (20- 8) en Volkskool (18-9).
Die stand van skole was soos volg:
Dogters:
- Oranje
- Curro
- Voortrekker
- Clarendon
- Stirling
- Outeniqua
- Cradock
- Pearson
- Sentraal
- Framesby
Seuns:
- Pearson
- Paul Roos Uitnodigingspan
- Sentraal
- Marlow
- Outeniqua
- Voortrekker
- Framesby
- Stirling
- Oakdale
- Curro
- Volkskool
- Cradock
Marlow HLS bedank graag die Cradock- en Visriviertennisklubs asook al Cradock se skole vir die gebruik van hul tennisbane. Sonder almal se ondersteuning, kan so 'n toernooi nie aangebied word nie.
Marlow sê ook die skool was bevoorreg dat TP en Erika Vorster hulle Vrydag besoek het.
Die volgende persone en instansies het as borge opgetree en word bedank:
- Victoria Manor en Tuishuise
- Steers
- Wimpy
- Oasis Water
- Watersons Apteek
- Faan Coetzer
- True Living
- Monita Nel Agri Consultant
- Wilson (The Gholf Racket)
- LockeRoom
- JSM 4x4 Adventure and Outdoor
- Karoo Express
- PG Glass, Cradock
- Wilhelm Jordaan
- PSG (Juanita Botha)
- Al die Marlow-ouers vir skenkings en ondersteuning en die Gr 11-ouers vir Vrydag se middagete.
Baie dankie aan Me C Greyling vir al haar harde werk om die toernooi 'n sukses te maak.
Burgert van Heerden is 'n blitsvinnige speler wat lekker beweeglik is en 'n vinnige spel tennis geniet.
Theunis Botha trap stewig vas om die bal betyds terug te stuur.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'