GRAAFF-REINET TENNIS NUUS - Die Matchpoint Tennisakademie se jaar het met 'n hoogtepunt afgeskop met vyf van hul spelers wat in die OP-tennisspanne opgeneem is.
Dié spelers gaan gedurende die Maart-vakansie in, onderskeidelik, Bloemfontein en Pretoria aan interprovinsiale toernooie deelneem.
Dit was dié jaar die eerste keer in etlike jare wat daar proewe gespeel is om te bepaal watter spelers die OP-spanne gaan haal.
Afrigters moes eers die onderskeie spelers nomineer, waarna hulle kon inskryf om aan die proewe deel te neem.
Elke speler in die Oostelike Provinsie, asook die platteland, het dus 'n kans gestaan om in die spanne opgeneem te word.
Spelers van die Matchpoint Tennisakademie wat in die O.13-afdeling vir OP gekies is, is Zanri Groenewald, Caytah-Leigh Koeberg, Tara Ferreira (eerste reserwe) en Matthew Paxton. In die O.16-afdeling is Lente Taljard van Somerset-Oos vir OP gekies. Lente is ook tans no 6 op die SA-tennisranglys.
Al dié spelers is reeds jare verbonde aan die Matchpoint Tennisakademie en word deur susters Inalise du Piesanie en Minnette Potgieter afgerig.
Die Matchpoint Tennisakademie wens die spelers graag baie geluk met die prestasie en sterkte met die uitdagings wat voorlê.
Zanri Groenewald saam met die Matchpoint Tennisakademie se afrigters, Inalise du Piesanie (links) en Minnette Potgieter (regs).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'